MENU

SNIPPET: GHOEMAS GAAN VIR GOUD

snippet-ghoemas-gaan-vir-goud

Die Gearhouse Groep maatskapye was trots om die hoof tegniese diens verskaffer te wees vir die Ghoema Toekenings, by Emperors Palace, in die Theatre of Marcellus, die 29ste April 2018.

So, ons almal weet die Ghoemas is die jaarlikse room van Afrikaanse musiek toekennings, en vanjaar was die stel ontwerp deur Willie Bothma, en verskaf deur Sets Drapes Screens Johannesburg. Die grootste verandering die jaar, was die verandering na LED tegnologie, en op die verhoog spog ons met meer as 390 LED panele, en addisionele 4 LED skerms (verdere 64 panele). Moet ook nie vergeet van die 175x RS1200 LED RGB “strips”, gebou in die stel, wat ontwerp was deur Willie Bothma, en onder toesig was van Projek Leier Leslie Wahl. Dewet Wraight het die Audio Visuele aspekte ontwerp, en Gearhouse het dit terug gespeel deur Watchout 5.

Die teater spog met ʼn internasionaal ingeboude klank toestel, maar vir die vertoning het ons ook gebruik maak van die volgende addisionele toerusting:

• 20x Shure UR2 Beta 58’s

• 16x Sennheiser 300 IEm’s

• En ‘n Yamaha M7CL vir monitors

Aan die beligting kant was alles beheer deur die Grand MA Media Server:

• 32x Martin Rush’s

• 18x Martin Mac Vipers

• 12x ROBE Pointe’s

• 8x Martin Quantums

• 8x Varilite VLZ Profiles

Die glans geleentheid was vir die tweede jaar regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai; 8uur die aand van die 29ste April, om seker te maak dat niemand uitgemis het op die aksie nie. 

Storie LooE Swanepoel

Foto: Ghoemas


May 14, 2018

The Gearhouse Group of Companies